Gebruikersgids

Aksie:
Verklein die tabel-berekeningsvariasiewydte deur die Start-, End- en
Step-waardes te verander, en probeer weer.
Time Out Error
Oorsaak:
Die huidige differensiaal- of integraal-berekening eindig sonder dat die
eindvoorwaarde nagekom word.
Aksie:
Probeer om die tol-waarde verhoog. Neem kennis: dit verlaag ook die
oplossingspresisie.
Voordat aanvaar word dat die
Sakrekenaar stukkend is...
Voer die volgende stappe uit wanneer 'n fout tydens 'n berekening
voorkom of wanneer die berekeningsresultate nie is wat verwag word nie.
Indien een stap nie die probleem regstel nie, gaan dan na die volgende
stap.
Let daarop dat afsonderlike kopieë van belangrike data gemaak moet
word voordat hierdie stappe gevolg word.
1. Maak seker dat die ingesleutelde berekening nie foute bevat nie.
2. Maak seker dat die sakrekenaar in die korrekte modus is.
3. Indien bogenoemde stappe nie die probleem oplos nie, druk die
-
sleutel. Dit sal die sakrekenaar 'n roetine laat uitvoer wat sal seker maak
dat berekeningfunksies korrek werk. As die sakrekenaar 'n fout of iets
ongewoons opspoor, sal dit outomaties die berekeningsmodus
inisialiseer en die inhoud van die geheue uitvee. Vir inligting oor
geïnisialiseerde instellings, kyk "Om die sakrekenaar in te stel".
4. Inisialiseer alle modusse en instellings deur die volgende te doen:
(CLR) (Setup) (Yes).
Vervang Battery
Die battery moet ook ná 'n spesifieke aantal jaar vervang word. Vervang
ook die battery onmiddellik nadat vertoonsyfers dof word.
'n Lae battery word aangedui deur 'n dowwe skerm, selfs al word die
kontras verstel, of deurdat syfers nie op die skerm verskyn direk nadat die
sakrekenaar aanskakel word nie. Wanneer dit gebeur, vervang die battery.
91