Gebruikersgids
Foutboodskappe
Math ERROR
Oorsaak:
• Die tussentydse of finale resultaat van die berekening wat uitgevoer
is, oorskry die toelaatbare berekeningsvariasiewydte.
• Die insleuteling oorskry die toelaatbare insleutelvariasiewydte (veral
wanneer funksies gebruik word).
• Die berekening wat uitgevoer word, bevat 'n onwettige wiskundige
operasie (bv. om deur nul te deel).
Aksie:
• Kontroleer die ingesleutelde waardes, verminder die aantal syfers, en
probeer weer.
• Wanneer 'n onafhanklike geheue of 'n veranderlike as argument van
'n funksie gebruik word, maak seker dat die geheue of veranderlike se
waarde binne die toelaatbare variasiewydte vir die funksie is.
Stack ERROR
Oorsaak:
• Die berekening wat uitgevoer word, het veroorsaak dat die kapasiteit
van die numeriese stapel of die bevelstapel oorskry is.
• Die berekening wat uitgevoer word, het veroorsaak dat die matriks- of
vektor-stapel oorskry is.
Aksie:
• Vereenvoudig die berekeningsuitdrukking sodat dit nie die kapasiteit
van die stapel oorskry nie.
• Probeer die berekening in twee of meer dele verdeel.
Syntax ERROR
Oorsaak:
•
Daar is 'n probleem met die formaat van die berekening wat uitgevoer
word.
Aksie:
•
Maak die nodige regstellings.
Argument ERROR
Oorsaak:
• Daar is 'n probleem met die argument van die berekening wat
uitgevoer word.
Aksie:
•
Maak die nodige regstellings.
89