Gebruikersgids
Om vektorveranderlike-data toe te ken en te
redigeer
Belangrik!
• Die volgende operasies werk nie in die vektorredigeerder nie: , (M-),
(STO). Pol, Rec, ÷R en multistellings kan ook nie met die vektorredigeerder
ingesleutel word nie.
Om nuwe data aan 'n vektorveranderlike toe te ken:
1. Druk
(VECTOR) (Dim) en selekteer dan op die keuselys wat
verskyn die vektorveranderlike waaraan data toegeken moet word.
2. Op die volgende keuselys wat verskyn, selekteer afmeting (m).
3. Gebruik die vektorredigeerder wat verskyn om die elemente van die
vektor in te sleutel.
Voorbeeld 2: Om (2,-1, 2) aan VctC toe te ken
(VECTOR) (Dim) (VctC) (3)
2 1 2
Om die elemente van 'n vektorveranderlike te verander:
1. Druk (VECTOR) (Data) en selekteer dan op die keuselys wat
verskyn die vektorveranderlike wat geredigeer moet word.
2. Gebruik die vektorredigeerder wat verskyn om die elemente van die
vektor te redigeer.
• Beweeg die wyser na die sel wat die element bevat wat verander
moet word, sleutel die nuwe waarde in, en druk dan .
Om vektorveranderlike- (of VctAns) inhoud te kopieer:
1. Gebruik die vektorredigeerder om die vektor wat gekopieer moet word,
te vertoon.
• Indien VctA byvoorbeeld gekopieer moet word, voer die volgende
insleuteling uit: (VECTOR) (Data) (VctA).
•
Indien die VctAns-inhoud gekopieer moet word, voer die volgende uit
om die VctAns-skerm te vertoon: (VECTOR) (VctAns)
.
2. Druk
(STO) en voer dan een van die volgende insleutelings uit
om die kopieerbestemming te spesifiseer: (VctA), (VctB), of
(VctC).
•
Dit sal die vektorredigeerder met die inhoud van die
kopieerbestemming vertoon.
76