Gebruikersgids

1 1 0 5
Neem kennis
Die skerm met numeriese tabel kan slegs gebruik om waardes te bekyk.
Tabelinhoud kan nie geredigeer word nie.
Om die numeriese tabel te genereer veroorsaak dat die inhoud van veranderlike X
verander word.
Die maksimum aantal rye in die gegenereerde numeriese tabel hang af van die
tabletinstelling op die opstellingskeuselys. Tot 30 rye word ondersteun vir die "f(x)"-
stelling, terwyl 20 rye ondersteun word vir die "f(x),g(x)"-stelling.
Belangrik!
Die funksie wat ingesleutel is om die numeriese tabel te genereer, word uitgewis
sodra die opstellingskeuselys in die TABLE-modus vertoon word of sodra daar
tussen natuurlike vertoon en lineêre vertoon omgeskakel word.
Vektorberekeninge (VECTOR)
Gebruik die VECTOR-modus om 2-dimensionele en 3-dimensionele
vektorberekeninge uit te voer. Om 'n vektorberekening uit te voer, ken eers
data aan spesiale vektorveranderlikes (VctA, VctB, VctC) toe en gebruik
dan die veranderlikes in die berekening soos vertoon in die voorbeeld hier
onder.
Voorbeeld 1: Om (1, 2) aan VctA en (3, 4) aan VctB toe te ken, en daarna
die volgende berekeninge uit te voer: (1, 2) + (3, 4)
1. Druk
(VECTOR) om na die VECTOR-modus te verander.
2. Druk (VctA) (2).
Dit sal die vektorredigeerder vertoon om die 2-dimensionele vektor vir
VctA in te sleutel.
74