Gebruikersgids

Om 'n numeriese tabel te skep uit
twee funksies (TABLE)
TABLE genereer 'n numeriese tabel gebaseer op een of twee funksies.
Die funksie f(x) kan alleen gebruik word, of die twee funksies f(x) en g(x)
kan gebruik word. Kyk "Om die sakrekenaar in te stel" vir meer inligting.
Voer die volgende stappe uit om 'n numeriese tabel te genereer.
1. Druk
(TABLE) om na die TABLE-modus te verander.
2. Gebruik die X-veranderlike om twee funksies in te sleutel een in die
formaat f(x) en een in die formaat g(x).
Voer die X-veranderlike ( (X)) in wanneer 'n numeriese tabel
genereer word. Enige ander veranderlike behalwe X word as
konstante hanteer.
Vir gebruik van 'n enkele funksie, sleutel 'n funksie slegs in die
formaat f(x) in.
Die volgende kan nie in die funksie gebruik word nie: Pol, Rec, , d/dx,
Σ.
3. Wag om gevra te word, en sleutel dan die waardes in wat gebruik moet
word, en druk
elkeen.
Vir hierdie vraag: Sleutel dit in:
Start?
Sleutel die onderste limiet van X in
(standaard = 1).
End?
Sleutel die boonste limiet van X in
(standaard = 5).
Neem kennis: Maak seker die End-
waarde is altyd meer as die Start-
waarde.
72