Gebruikersgids
Fix of Sci).
Met Norm 1 of Norm 2 word die argument tot 10 syfers afgerond.
Met Fix en Sci word die argument tot die gespesifiseerde syfer afgerond.
Byvoorbeeld, wanneer Fix 3 die vertoonsyfers-instelling is, word die
resultaat van 10 ÷ 3 vertoon as 3,333, terwyl die sakrekenaar 'n waarde
van 3,33333333333333 (15 syfers) intern onthou vir berekening.
Indien Rnd(10÷3) = 3,333 (met Fix 3), verander beide die vertoonde
waarde en die sakrekenaar se interne waarde na 3,333.
As gevolg hiervan sal 'n reeks berekeninge verskillende resultate oplewer
afhangende van of Rnd gebruik is (Rnd(10÷3) × 3 = 9,999) of nie gebruik
is nie (10÷3 × 3 = 10,000).
Voorbeeld: Om die volgende berekeninge uit te voer wanneer Fix 3 vir die
aantal vertoonsyfers geselekteer is: 10 ÷ 3 × 3 en Rnd(10 ÷ 3) ×
3 (LineIO)
(SETUP) (Fix)
10 3 3 10,000
(Rnd) 10 3 3 9,999
Grootste gemene deler (GCD) en
kleinste gemene veelvoud (LCM)
Grootste gemene deler (GCD)
GCD bepaal die grootste gemene deler van twee waardes.
Voorbeeld: Om die grootste gemene deler van 28 en 35 te bepaal
(GCD) 28 (;) 35 7
Kleinste gemene veelvoud (LCM)
LCM bepaal die kleinste gemene veelvoud van twee waardes.
Voorbeeld: Om die kleinste gemene veelvoud van 9 en 15 te bepaal
(LCM) 9 (;) 15 45
Gebruik van CALC
Met CALC kan berekeninguitdrukkings wat veranderlikes bevat, gestoor
word om later in die COMP-modus en die CMPLX-modus opgeroep en
41