Gebruikersgids
Algemene vrae
Algemene vrae
■ Hoe kan insleutel- en vertoon-resultate op dieselfde manier
uitgevoer word as op 'n model wat nie natuurlike handboekformaat
het nie?
→ Voer die volgende insleuteling uit:
(SETUP) (LineIO). Kyk
"Om die sakrekenaar in te stel" vir meer inligting.
■ Hoe kan 'n breukvorm-resultaat na desimale vorm verander word?
Hoe kan 'n breukvorm-resultaat wat deur 'n delingoperasie verkry
word, na desimale vorm verander word?
→ Raadpleeg die afdeling "Beweging ('toggling') deur
Berekeningsresultate" vir die prosedure.
■ Wat is die verskil tussen Ans-geheue, PreAns-geheue, onafhanklike
geheue en veranderlike-geheue?
→ Elkeen van hierdie tipes geheue werk soos "houers" vir tydelike berging
van 'n enkele waarde.
Ans-geheue:
Stoor die resultaat van die mees onlangs uitgevoerde berekening.
Gebruik hierdie geheue om die resultaat van een berekening na die
volgende oor te dra.
PreAns-geheue:
Stoor die resultaat van berekening voor die vorige een. PreAns-geheue
kan slegs in COMP-modus gebruik word.
Onafhanklike geheue:
Gebruik hierdie geheue om die resultate van meerdere berekeninge
saam te tel.
Veranderlikes:
Hierdie geheue is nuttig wanneer dieselfde waarde meerdere kere in
een of meer berekeninge gebruik moet word.
■ Wat is die insleuteling wat van STAT-modus of TABLE-modus
oorskakel na 'n modus waar rekenkundige berekeninge uitgevoer
kan word?
→ Druk
(COMP).
■ Hoe kan die sakrekenaar na die oorspronklike standaardinstellings
teruggestel word?
→ Voer die volgende insleuteling uit: (CLR) (Setup) (Yes).
65