Gebruikersgids
Veiligheidsmaatreëls
Battery
• Hou batterye buite die bereik van klein kindertjies.
• Gebruik slegs die tipe battery wat hierdie handleiding voorgeskryf is.
Hanteringsvoorsorgmaatreëls
• Batterye moet volgens die rooster wat hier onder verskyn, vervang
word, selfs al werk die sakrekenaar nog. Voortgesette gebruik ná die
genoemde getal jaar kan tot abnormale werking lei. Vervang die battery
onmiddellik nadat vertoonsyfers dof word.
fx-82ZA PLUS II: Elke twee jaar
• 'n Dooie battery kan lek, die sakrekenaar beskadig en dit verkeerd laat
werk. Moet nooit 'n dooie battery in die sakrekenaar los nie.
• Die battery wat saam met die sakrekenaar by aankope ingesluit is,
is vir fabriekstoetsing en dit ontlaai effens gedurende verpakking
en versending. Weens hierdie redes, sal die battery moontlik
vinniger as wat verwag word, moet vervang word.
• Moenie 'n nikkelbasis primêre battery saam met hierdie produk gebruik
nie. Die produk en sulke batterye is nie aanpasbaar nie en kan tot skade
aan die battery en die produk lei.
• Vermy die gebruik en stoor van die sakrekenaar in plekke waar
temperature baie hoog is en/of waar hoë vlakke van humiditeit of stof
teenwoordig is.
• Moenie die sakrekenaar aan baie hoë vlakke van druk of stampe
blootstel nie en moenie die sakrekenaar buig nie.
• Moet nooit die sakrekenaar uitmekaarhaal nie.
• Gebruik 'n sagte, droë lap om die buitekant van die sakrekenaar skoon
te maak.
• Wanneer die sakrekenaar of batterye weggegooi word, maak seker dat
daar binne die wette en regulasies van u omgewing opgetree word.
Kom aan die gang
Om die deksel te verwyder
Voordat die sakrekenaar gebruik word, skuif die deksel (omhulsel)
afwaarts om dit te verwyder. Skuif dit daarna oor die agterkant van die
sakrekenaar soos in die illustrasie hier onder.
5