Gebruikersgids
Aksie:
• Verklein die tabel-berekeningsvariasiewydte deur die Start-, End- en
Step-waardes te verander, en probeer weer.
Argument ERROR
Oorsaak:
• 'n Nieheelgetal-argument is ingevoer vir die willekeurigegetal-funksie
(RanInt#).
Aksie:
• Voer slegs heelgetalle in vir die argument.
Voordat aanvaar word dat die
Sakrekenaar stukkend is...
Voer die volgende stappe uit wanneer 'n fout tydens 'n berekening
voorkom of wanneer die berekeningsresultate nie is wat verwag word nie.
Indien een stap nie die probleem regstel nie, gaan dan na die volgende
stap.
Let daarop dat afsonderlike kopieë van belangrike data gemaak moet
word voordat hierdie stappe gevolg word.
1. Maak seker dat die ingesleutelde berekening nie foute bevat nie.
2. Maak seker dat die sakrekenaar in die korrekte modus is.
3. Indien bogenoemde stappe nie die probleem oplos nie, druk die
-
sleutel. Dit sal die sakrekenaar 'n roetine laat uitvoer wat sal seker maak
dat berekeningfunksies korrek werk. As die sakrekenaar 'n fout of iets
ongewoons opspoor, sal dit outomaties die berekeningsmodus
inisialiseer en die inhoud van die geheue uitvee. Vir inligting oor
geïnisialiseerde instellings, kyk "Om die sakrekenaar in te stel".
4. Inisialiseer alle modusse en instellings deur die volgende te doen:
(CLR) (Setup) (Yes).
Vervang Battery
Die battery moet ook ná 'n spesifieke aantal jaar vervang word. Vervang
ook die battery onmiddellik nadat vertoonsyfers dof word.
'n Lae battery word aangedui deur 'n dowwe skerm, selfs al word die
kontras verstel, of deurdat syfers nie op die skerm verskyn direk nadat die
sakrekenaar aanskakel word nie. Wanneer dit gebeur, vervang die battery.
58