Gebruikersgids

Voordat gebruik van die
sakrekenaar
Meer oor hierdie handleiding
CASIO Computer Co., Ltd. kan nie verantwoordelik gehou word vir
spesiale, kollaterale, toevallige of voorspruitende skade rakende die
aankoop en/of gebruik van die produk en ander items wat saam met die
produk kom deur enige party nie.
Boonop sal CASIO Computer Co., Ltd. nie aanspreeklik wees vir enige
eis van watter aard ook al wat mag ontstaan uit die gebruik van hierdie
produk en gepaardgaande items deur enige ander party nie.
Tensy spesifiek vermeld, neem alle voorbeeldoperasies in hierdie
handleiding aan dat die sakrekenaar in sy oorspronklike
standaardopstelling is. Gebruik die prosedure by "Begin werk met die
sakrekenaar" om die sakrekenaar na sy oorspronklike
standaardopstelling terug te skakel.
Die inhoud van hierdie handleiding kan sonder kennisgewing verander
word.
Die vertoonvensters en ander illustrasies (bv. sleutelaanduidings) wat in
die handleiding gebruik word, is net ter illustrasie en kan ietwat verskil
van hoe dit op die werklike sakrekenaar is.
QR Code is 'n geregistreerde handelsmerk van DENSO WAVE
INCORPORATED in Japan en in ander lande.
Maatskappy- en produkname wat in hierdie handleiding gebruik word,
kan geregistreerde handelsname of die handelsname van die
onderskeie verskaffers wees.
Begin werk met die sakrekenaar
Voer die volgende prosedure uit om die sakrekenaar te inisialiseer en die
berekeningsmodus en opstelling na die oorspronklike standaard-instellings
terug te stel. Neem kennis dat hierdie prosedure ook alle data wat in die
geheue van die sakrekenaar is, uitvee.
(CLR) (All) (Yes)
Voorsorgmaatreëls
Lees die volgende veiligheidsmaatreëls voor gebruik van die sakrekenaar.
4