Gebruikersgids

Resultate:
Lineêre regressie se korrelasiekoëffisiënt: 0,923
Logaritmiese regressie se korrelasiekoëffisiënt: 0,998
Logaritmiese regressie se formule: y = -3857,984 +
2357,532lnx
Berekening van geskatte waardes
Op grond van die regressieformule wat deur statistiese berekening van
gepaarde veranderlikes verkry is, kan die geskatte waarde van y vir 'n
gegewe x-waarde bereken word.
Die ooreenstemmende x-waarde (twee waardes, x
1
en x
2
, in die geval van
kwadratiese regressie) kan ook vir 'n waarde van y in die regressieformule
bereken word.
Voorbeeld 4: Om die geskatte waarde van x te bepaal wanneer y = -130
in die regressieformule wat deur die logaritmiese regressie van die data in
Voorbeeld 3 geproduseer is. Spesifiseer Fix 3 vir die resultaat. (Voer die
volgende bewerking uit na voltooiing van die bewerkings in Voorbeeld 3.)
130 (STAT) (Reg) (xˆ)
4,861
Belangrik!
Regressiekoëffisiënt, korrelasiekoëffisiënt en geskattewaarde-berekeninge kan
aansienlike tyd neem indien daar 'n groot aantal data-items is.
Om 'n numeriese tabel te skep uit
twee funksies (TABLE)
TABLE genereer 'n numeriese tabel gebaseer op een of twee funksies.
Die funksie f(x) kan alleen gebruik word, of die twee funksies f(x) en g(x)
kan gebruik word. Kyk "Om die sakrekenaar in te stel" vir meer inligting.
Voer die volgende stappe uit om 'n numeriese tabel te genereer.
1. Druk
(TABLE) om na die TABLE-modus te verander.
2. Gebruik die X-veranderlike om twee funksies in te sleutel – een in die
formaat f(x) en een in die formaat g(x).
47