Gebruikersgids
(INS)
Soos hierbo getoon, verander die waarde of uitdrukking aan die regterkant
van die wyser nadat (INS) gedruk word, in die argument van die
funksie wat daarna gespesifiseer word. Die variasiewydte uitgedruk as die
argument is alles tot net voor die eerste beginhakie aan die regterkant
(indien enige) of alles tot net voor die eerste funksie aan die regterkant
(sin(30), log2(4), ens.)
Hierdie vermoë kan met die volgende funksies gebruik word: ,
( ), , ( ), ( ), ( ), , ,
( ), .
Oorheenskryf-insleutelmodus (slegs
lineêre vertoon)
Óf invoeg óf oorheenskryf kan as insleutelmodus geselekteer word, maar
slegs terwyl lineêre vertoon geselekteer is. In oorheenskryf-modus
vervang teks wat ingesleutel word die teks by die huidige wyserplek. Só
kan daar tussen invoeg- en oorheenskryf-modusse gewissel word:
(INS). Die wyser verskyn as " " in invoeg-modus en as " " in
oorheenskryf-modus.
Neem kennis
•
Natuurlike vertoon gebruik altyd invoeg-modus, dus wanneer die vertoonformaat van
lineêre vertoon na natuurlike vertoon verander word, sal dit outomaties oorskakel na
invoeg-modus.
Om 'n uitdrukking te korrigeer en uit
te vee
Om 'n enkele karakter of funksie uit te wis:
Skuif die wyser sodat dit direk regs van die karakter of funksie is wat
uitgewis moet word, en druk dan
.
In oorheenskryf-modus, skuif die wyser sodat dit direk onder die karakter
of funksie is wat uitgewis moet word, en druk dan .
19