Gebruikersgids
Tegniese Informasie
Foute
Die sakrekenaar sal 'n fout boodskap vertoon wanneer 'n fout voorkom
tydens 'n berekening.
• Druk of om na die berekenings vertoonvenster terug te keer.
Die wyser sal by die plek waar die fout voorgekom het geposisioneer
wees, reg vir insette. Maak die nodige regstellings aan die berekening,
en voer dit weer uit.
• Druk of om na die berekenings vertoonvenster terug te keer. Neem
kennis dat hierdie ook die berekening wat die fout gehad het uitwis.
Fout Boodskappe
Math ERROR
Oorsaak:
• Die intermediêre of finale uitslag van die berekening wat u uitvoer,
oorskry die toegelate berekening reeks.
• U inset oorskry die toegelate inset reeks.
• Die berekening wat u uitvoer bevat 'n onwettige wiskundige operasie
(soos byvoorbeeld verdeling met nul).
Aksie:
• Kyk na die inset waardes weer, en verminder die hoeveelheid syfers.
• Wanneer onafhanklike geheue of 'n veranderlike gebruik word as die
argument van 'n funksie, maak seker dat die geheue, of veranderlike
waarde, binne die toegelate reeks van die funksie val.
Stack ERROR
Oorsaak:
• Die berekening wat u doen het veroorsaak dat die kapasiteit van die
numeriese stapel of die bevel stapel oorskry is.
Aksie:
• Vereenvoudig die berekening uitdrukking.
• Probeer om die berekening in twee, of meer te deel.
Syntax ERROR
Oorsaak:
• Daar is n probleem met die formaat van die berekening wat u uitvoer.
Aksie:
• Maak die nodige korreksies.
43